Wednesday, April 30, 2014


Skepper

Ek't U gaan soek op die bergtoppe,
U naam geskreeu, dit het ge-eggo,
maar ek het U nie gehoor nie.

In riviere en valleie het ek passievol gedans op die maat van U hartklop,
maar ek het U nie gevoel nie.

Ek het U gaan soek tussen konings en adelikes,
tussen volmaaktes en gode, maar ek het U nie gekry nie.

Op een koue, vaal herfsoggend het ek U gevind tussen verrotte blare,
my liggaam verlate, verward en alleen.
U oe het heling gebring terwyl U liggaam stukkend was.

U het my siel gevat en dit gewas in die kom van liefde en genade.
U het my volkome genees van weet
en my gevul met wees.

Amen amen.




Monday, May 28, 2012


Dear God


I, who I’m not, saw today what is and what is not.
I can feel the burning flame of desire,
the butterfly that touch my soul gentle with its wings every now and then.  
How long is this road?  How many bends and stones?
I can see the picture, I can feel the warmth. 
The thing is out there, but I’m still here.


Do I rush it, do I wait?
How many nights turning and tossing before I will know?



Take the rawness from I, who I’m not
Hold it, never heal it, so that I might feel
Break my pride, my false
Make me naked so that I can be ………

Thursday, April 28, 2011

Die pyn van die stad

Elke dan en wan as ek huis toe ry na werk, is daar 'n sekere man wat my veilige, sorgelose bestaan laat bevraagteken. Die man wat ek in my kop gedoop het as "Nakedness". Sy bene is die van stokkies, hy sit in 'n rystoel en bedel geld, terwyl hy vir almal glimlag, of jy nou geld gee of nie.

In hom sien ek pyn, eenvoud, waarheid, eensaamheid en verwerping. Deur sy teenwoordigheid word ek gekonfronteer met alles wat ek is en nie is nie, na dit wat ek het en dit waarna ek smag. Hoe maak 'n mens sin hiervan?

Wat is die man se storie, hy het geen heenkome nie? Ek het hom al 5h45 in die oggend gesien op die hoek waar hy in sy rolstoel slaap met 'n kombers oor die kop.

Waar begin mens help? Om ongemaklik te voel bly net by veilige emosies.

"Truly I tell you, whatever you did for one of the least of these brothers and sisters of mine, you did for me" Matt 25:40


Friday, March 4, 2011

Spieëlbeeld

Terwyl ek vir jou sit en wag, stap die dae in tiene verby.
Ek bondel hulle in groepies van vyf en sien skielik hoe 30jaar in die hoek sit en lag.

Ek nooi toe maar die bondel jare vir 'n ou koppie Nescafe koffie. Ons kuier oor ditjies en datjies, oor verlede en hede, maar niemand rep 'n woord oor die toestand van die toekoms nie. Nee, dis mos verbode praat die, want wie weet nou eintlik.

Ons lag binnensmond oor die geraamtes van gister en die spoke van morê. Jy groet verleë en sê jy sien my weer oor tien jaar, dalk is ons dan drie!!!

Tuesday, December 7, 2010

The human race

I'm in awe with the human race. We all think we are so different and try our uttermost to be individualistic, but at the end of the day, we are all the same (more or less in anyway). This statement makes life a bit boring, I suppose, but we all want the same things.

We all want happiness, love, acceptance and peace. And we try our best, surely in different ways, but we still try to gain all of these and most of the time unconsciously.

The poor fellow that is roaming the streets for a rand or two to buy something for his terminal hunger that seems to never end. Maybe all he wants is to be treated with respect and not disgust. You don't know his story, therefore do not judge!

The big shot, with his big mansion and shiny car, on the outside everything looks great and in order, but can you see his inside. You don't know his story, therefore do not judge!

The girl who is dressed from head to toe in black, with piercings in every possible place on her body and tattoo's that make your head turn away. Don't treat her like a demon. You don't know her story, therefore do not judge!

I vow to be different (what a paradox!) and to treat everybody the same. This is my new challenge for December and hopefully I will be able to see clearly, through walls, through money, through poverty and arrogance and only see as it is.

"Do not follow where the path may lead. Go instead where there is no path and leave a trail"
- Muriel Strode

Although this quote is totally in contrast with the first statement, I will leave a trail behind of acceptance of all and no judgement. What a challenge!!!!!!!




Monday, November 29, 2010

Journey 3

Jy huppel met die pad af
en bring vir my n mandjie herinnering,
vee my mond met jou hare skoon
en breek die verlede in drie.

Die eerste deel gryp ek met albei hande vas,
sluk dit in en verstik in die soet nasmaak.
Jy raak my lippe aan en sê dat ek moet stadig,
dis 'n langsame proses.

Trane loop oor my wange,
terwyl my hande bewerig oor joune vou.
Ons gryp die wind en stuur dit na die noorde,
in die suide maak ons kranse van wit noem-noem bosse.

Terwyl ons lywe bak in die namiddag son,
voer jy my met die tweede deel.
Die smaak lê frank in my mond
en ek smeek jou op op te hou.

Jy tel my vir oulaas op,
sny my hart in stukke
en verdwyn oor die horison.

Tuesday, November 23, 2010

Journey 2

Ek pak my lewe in 'n rugsak,
sodat ek ligvoets oor jou siel kan trap.

Ons spring jubelend oor die aardkors,
gryp die son en deel dit in vier gelyke dele.
Blaas elke deel in 'n ander windrigting
en lag oor "global warming".
In die nanag pluk ons die maan
en speel sokker tot sweet pêrels ons liggaam deurdrenk.

Ek gryp jou met tien vingers vas,
vou jou tot 'n vierkant
en pos jou na onbekende lande.