Monday, November 29, 2010

Journey 3

Jy huppel met die pad af
en bring vir my n mandjie herinnering,
vee my mond met jou hare skoon
en breek die verlede in drie.

Die eerste deel gryp ek met albei hande vas,
sluk dit in en verstik in die soet nasmaak.
Jy raak my lippe aan en sê dat ek moet stadig,
dis 'n langsame proses.

Trane loop oor my wange,
terwyl my hande bewerig oor joune vou.
Ons gryp die wind en stuur dit na die noorde,
in die suide maak ons kranse van wit noem-noem bosse.

Terwyl ons lywe bak in die namiddag son,
voer jy my met die tweede deel.
Die smaak lê frank in my mond
en ek smeek jou op op te hou.

Jy tel my vir oulaas op,
sny my hart in stukke
en verdwyn oor die horison.

No comments:

Post a Comment