Tuesday, November 16, 2010

Journey 1

Ek sluimer in en sien hoe jy dans in kleure.
Dis 'n somers wals, en jou vreugde aansteeklik
Jy vou my lyf in jou handpalms, streel saggies oor my hare en sĂȘ dat alles "okay" sal wees.

Ons dans kaalvoet onder die sekelmaan en draf
padlangs tot by die Drakensberge.
Vandaar vat ons kortpad en maak nes in 'n vyeboom.
Jy wys my die pyn van die aarde en troos my met vrede.

Jou geheime taal wil ek opraap en insluk, stadig verteer, sodat dit deur my are kan vloei en ek opnuut lewend kan word.

No comments:

Post a Comment