Monday, November 29, 2010

Journey 3

Jy huppel met die pad af
en bring vir my n mandjie herinnering,
vee my mond met jou hare skoon
en breek die verlede in drie.

Die eerste deel gryp ek met albei hande vas,
sluk dit in en verstik in die soet nasmaak.
Jy raak my lippe aan en sê dat ek moet stadig,
dis 'n langsame proses.

Trane loop oor my wange,
terwyl my hande bewerig oor joune vou.
Ons gryp die wind en stuur dit na die noorde,
in die suide maak ons kranse van wit noem-noem bosse.

Terwyl ons lywe bak in die namiddag son,
voer jy my met die tweede deel.
Die smaak lê frank in my mond
en ek smeek jou op op te hou.

Jy tel my vir oulaas op,
sny my hart in stukke
en verdwyn oor die horison.

Tuesday, November 23, 2010

Journey 2

Ek pak my lewe in 'n rugsak,
sodat ek ligvoets oor jou siel kan trap.

Ons spring jubelend oor die aardkors,
gryp die son en deel dit in vier gelyke dele.
Blaas elke deel in 'n ander windrigting
en lag oor "global warming".
In die nanag pluk ons die maan
en speel sokker tot sweet pêrels ons liggaam deurdrenk.

Ek gryp jou met tien vingers vas,
vou jou tot 'n vierkant
en pos jou na onbekende lande.

Tuesday, November 16, 2010

Journey 1

Ek sluimer in en sien hoe jy dans in kleure.
Dis 'n somers wals, en jou vreugde aansteeklik
Jy vou my lyf in jou handpalms, streel saggies oor my hare en sê dat alles "okay" sal wees.

Ons dans kaalvoet onder die sekelmaan en draf
padlangs tot by die Drakensberge.
Vandaar vat ons kortpad en maak nes in 'n vyeboom.
Jy wys my die pyn van die aarde en troos my met vrede.

Jou geheime taal wil ek opraap en insluk, stadig verteer, sodat dit deur my are kan vloei en ek opnuut lewend kan word.

Monday, November 8, 2010

Paradoks

Ek draf in die pad tussen oseaan en woestyn en hoor die jammer gefluister van die aarbol wat rooi hitte opvreet vir stof.

Mense strompel plesierig rond in klam gedagtes, terwyl ander se trane dans van pyn.

Gulsige oë krummel sappig tot 'n feesmaal, waar 'n vrou spiraal lê en wag op 'n tergende hand uit die kosmos.

Monday, November 1, 2010

Picture perfect


When we concentrate on the black, one can see some sort of animal or any other kind of form, (depending on the level of craziness you find yourself in). When one focus rather on the picture/story, one sees peace, tranquility and endless possibilities. Why then do we choose to rather look at all the negative shapes formed by our mind, instead of looking at the beauty in front of us?
"Eating, loving, singing and digesting are, in truth, the four acts of the comic opera known as life, and they pass like bubbles of a bottle of champagne. Whoever lets them break without having enjoyed them is a complete fool." Gioacchino Rossini
Live the dream!!!!